top of page

Elizna

Owner / Educator

Na ek matrikuleer het op ‘n klein plattelandse dorpie en my graad in B.A. Mediastudies voltooi het, het my pad met Nielbert Mostert gekruis het.  Nielbert is ‘n visueel-gestremde persoon en het ‘n voltydse tutor benodig om in ‘n hoofstroomskool te kon aanpas.  Ek en hy het toe van graad 3 tot 12 saam “skoolgegaan” en dit het ook gelei tot die ontstaan van Breinslim Leersentrum. Hier het my passie vir die onderwys ontstaan en het ek my honneursgraad in inklusiewe onderwys en remediëring voltooi.  Ek het ‘n ongelooflike passie vir dit wat ek doen.  Ek is ook voltyds by Hoërskool Sentraal se leerondersteuning betrokke waar ek verder my passie ook uitleef.  Ek glo en weet dat elke kind kan leer en suksesvol kan wees – dis net die manier van leer wat soms aangepas moet word. 

‪079 338 3230‬

Elizna
bottom of page